Original Research

Labour union voices in South Africa and arguments to scrap inflation targets – a historical and 21st Century debate

Andre Mellet
New Contree | Vol 61 | a356 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v61i0.356 | © 2024 Andre Mellet | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 February 2024 | Published: 31 May 2011

About the author(s)

Andre Mellet, School of Economic Sciences, North-West University, South Africa

Full Text:

PDF (148KB)

Abstract

Inflasieteikens wat inflasieverwagtings anker, is die primêre doelwit van monetêre beleid van sentrale banke in ontwikkelde lande. Binne 21e eeuse debatte kritiseer vakbonde, en spesifiek Congress of South African Trade Unions, die regering dat die monetêre beleid ekonomiese groei en indiensname benadeel. In hierdie bespreking word die skrapping van inflasieteikens bespreek teen die agtergrond van ‘n historiese fokus rakende vakbonde en arbeid in Suid Afrika. Swart werkers het teen die toe-heersende wetlike gesag in die sewentiger jare gemobiliseer en die rol van vakbonde het gestalte in 1973 gekry met ‘n eerste groot staking in Durban. Die eertydse Wiehahn Kommissie het die rol van vakbonde ondersoek en wetgewing wat op die kommissie se verslag gevolg het, het kollektiewe bedinging meegebring. Die invloed van vakbonde het vanaf die tagtigerjare beduidend vergroot. Vakbonde en veral COSATU, is egter histories nie met suiwer vakbond aangeleenthede betrokke nie. Vakbonde en veral COSATU is aktief betrokke in politieke prosesse as alliansielid van die African National Congress regering, arbeidswetgewing en inspraak met makro ekonomiese beleid in Suid Afrika. Die rol van COSATU met betrekking tot monetêre beleid word onder die soeklig geplaas en hulle meer resente kritiek teen die beleid van inflasieteikens word bespreek. Die Ministerie van Finansies in die tyd van Minister van Finansies Trevor Manual het die beleid van inflasieteikens in 2000 geïmplementeer en onderskryf. Die daaropvolgende Minister van Finansies (Pravin Gordhan) het na die verkiesing van mnr Zuma as nuwe president in 2009 in sy eerste begrotingstoespraak in 2009 bevestig dat die Regering nie sal afwyk van die inflasieteikens beleid nie afgesien van voortdurende kritiek van COSATU.

Keywords

History; COSATU; Labour Unions South Africa; Monetary policy; Inflation targeting (IT); Economic growth; Employment

Metrics

Total abstract views: 519
Total article views: 213


Crossref Citations

No related citations found.