Original Research

Japie Neser: Cape colonial and Afrikaner rebel, 1899-1902 and beyond

André Wessels
New Contree | Vol 61 | a361 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v61i0.361 | © 2024 André Wessels | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 February 2024 | Published: 31 May 2011

About the author(s)

André Wessels, Department of History, University of the Free State, South Africa

Full Text:

PDF (829KB)

Abstract

Jacob Petrus (“Japie”) Neser (1873-1959) is een van die minder bekende Kaapse koloniale rebelle en bevelvoerders van die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899 tot 1902 in Suid-Afrika gewoed het. Dit is die doel van hierdie artikel om in besonder die fokus op die doen en late van ‘n gewone rebel, wat later tot ‘n offisiersrang bevorder is, te plaas, ten einde sy optrede aan ‘n breër leserspubliek bekend te stel, en tegelyk ook die aard van die guerrillastryd in die Kaapkolonie tydens die oorlog te belig. Neser het teen die einde van Oktober 1899 by die Boeremagte aangesluit en aan die Colesbergfront geveg. Nadat die Boeremagte aan die Kaapkolonie onttrek het, het Neser na die Transvaal gegaan, waarna hy na die Oranje-Vrystaat teruggekeer het en in SeptemberNovember 1900 ’n spioenasietog na die noordoostelike Kaapkolonie onderneem het. In Desember 1900 het hy weer eens na die Kaapkolonie teruggekeer, dié keer as deel van genl. JBM Hertzog se invalsmag. Later is hy as veldkornet in die rebellekommando van kmdt. Hendrik Lategan aangestel en met verloop van tyd is hy in bevel van sy eie kommando Kaapse rebelle geplaas. Deur swart en bruin persone wat aan die kant van die Britte geveg het, na gevangeneming summier tereg te stel, het Neser ’n gevreesde maar ook hoogs omstrede bevelvoerder geword. Gevolglik, toe vrede gesluit is, het Neser in selfopgelegde ballingskap na Europa uitgewyk ten einde vervolging te ontduik. Hy het in 1904 na Suid-Afrika teruggekeer en aan die rebellie van 1914 tot 1915 deelgeneem.

Keywords

Anglo-Boer War/South African War (1899-1902); Japie Neser; Cape Colony; Cape rebellion/rebel(s); Guerrilla warfare; War crimes; (Afrikaner) rebellion (1914-1915)

Metrics

Total abstract views: 334
Total article views: 79


Crossref Citations

No related citations found.