Original Research

“Allowed such a state of freedom”: Women and gender relations in the Afrikaner community before enfranchisement in 1930

Hermann Giliomee
New Contree | Vol 59 | a375 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v59i0.375 | © 2024 Hermann Giliomee | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 February 2024 | Published: 31 May 2010

About the author(s)

Hermann Giliomee, Stellenbosch University, South Africa

Full Text:

PDF (182KB)

Abstract

Hierdie artikel argumenteer dat Afrikanervroue gedurende die eerste twee eeue van die nedersetting aansienlik meer regte geniet het onder die RomeinsHollandse reg as wat die geval was met vroue wat onder die Engelse regte sorteer het. Hul posisie is verder onderskraag deur die stelsel van ras-gebaseerde slawerny, toenemende segregasie in die kerk, en die belangrike funksies wat die boervrou op die plaas gespeel het. Afrikaanse vroue kon nie stem nie en ook nie ampte in die politieke stelsel of kerk beklee nie, maar hulle het hul stempel op die samelewing afgedruk. Hulle het ‘n leidende rol gespeel in die besluit van talle grensboere om die kolonie te verlaat. Onder die vroue wat die Groot Trek meegemaak het, het vurige anti-imperialistiese sentimente ontwikkel, wat uiting gevind het in sterk ondersteuning vir die Transvaalse opstand in 1880- 81 en die Bittereinder-fase van die Suid-Afrikaanse Oorlog. Van die laaste kwart van die negentiende eeu is die sterk posisie van die Afrikaanse vrou ondergrawe deur verreikende veranderings in die erfreg, verstedeliking, wat haar rol dikwels tot die huis beperk het, en die toenemende invloed van sowel Viktoriaanse as nasionalistiese opvattinge oor die ondergeskikte rol wat die vrou behoort te speel. Afrikaanse vroue het eers laat op die stemreg aangedring omdat hulle dit as hul prioriteit beskou het om die eerste gesin en die gemeenskap se belange te bevorder. In die eerste 250 jaar van blanke vestiging aan die Kaap het hulle `n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling van daardie eienskappe wat vandag as kenmerkend van die Afrikaner-identiteit beskou word: godsdienstigheid, `n bepaalde vorm van huislike lewe en die kultuur van die plaas- en landelike lewe.

Keywords

Afrikaners; Women; Gender; Suffragettes; Roman-Dutch law; Slavery; Cape Colony; Great Trek; South African War

Metrics

Total abstract views: 160
Total article views: 57

 

Crossref Citations

1. Appel Botha Cornelitz: The abc of a three hundred year old divorce case
Jaco M. Greeff, J. Christoff Erasmus
Forensic Science International: Genetics  vol: 7  issue: 5  first page: 550  year: 2013  
doi: 10.1016/j.fsigen.2013.06.008