Original Research

Entrepreneur, social capital and the survival of Afrikaner business on the Witwatersrand, 1930–2007: The case of Burgers Brothers Clothing enterprise

Grietjie Verhoef
New Contree | Vol 58 | a386 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v58i0.386 | © 2024 Grietjie Verhoef | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 February 2024 | Published: 30 November 2009

About the author(s)

Grietjie Verhoef, Universiteit van Johannesburg, South Africa

Full Text:

PDF (839KB)

Abstract

Die ekonomiese afswaaifase van die 1930s is verswaar deur die geweldige droogte, plae en peste in die landbou en toenemnde verarming onder blanke Suid-Afrikaners. Verstedeliking het een oorlewingstrategie gebied. Ty Burgers het ‘n klerewinkel begin met as teikenmark die verarmde blankes veral verarmde Afrikaners op die Witwatersrand. Hierdie artikel maak gebruik van sosiale kapitaalteorie om die vestiging van nuwe netwerke deur die Burgers onderneming in die sake-omgewing te verduidelik, waardeur die oorlewing van die Afrikaneronderneming bewerkstellin is.Die Burgers onderneming moes vestig te midde van sterk mededinging in die klere- en modebedryf in Johannesburg. Mededinging is veral gebied deur Indiër- en Joodse handelaars. Die Burgers familiebesigheid het homself baie vernuftig geposisioneer tussen die Afrikaner kultuur- en politieke netwerk en die Joodse sakenetwerk sedert die vestigingsjare. Burgers het die voorkeurverskaffer geword van klerasie aan die Afrikaners in Johannesburg, asook later vir skoolklere en sportdrag. Die artikel ondersoek die ontwikkeling van die besturstrategie van die Burgers familiebesigheid sedert die na-oorlogse jare van mededingende nasionalisme in Johannesburg. Die opvolgstrategie en die impak daarvan op die onderneming word ook bespreek.

Keywords

Afrikaner business; Witwatersrand; 1930–2007; Burgers Brothers Clothing enterprise; Graaff Reinet

Metrics

Total abstract views: 169
Total article views: 57


Crossref Citations

No related citations found.