Original Research

Water procurement and the environment: A comparative history of South Africa’s Nandoni and De Hoop dams 1994-2007

Elise Tempelhoff, Johann W.N. Tempelhoff
New Contree | Vol 53 | a421 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v53i0.421 | © 2024 Elise Tempelhoff, Johann W.N. Tempelhoff | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 February 2024 | Published: 31 May 2007

About the author(s)

Elise Tempelhoff, Beeld newspaper, Media 24, South Africa
Johann W.N. Tempelhoff, School of Basic Sciences, North-West University, South Africa

Full Text:

PDF (142KB)

Abstract

Die konstruksie van damme in Suid-Afrika het in onlangse jare uiteenlopende response tot gevolg gehad in die geledere van die omgewingsbewuste lede van die land se burgerlike samelewing. Twee voorbeelde is die De Hoop- en Nandonidam wat onderskeidelik in Mpumalanga en die Limpopoprovinsie geleë is. Hierdie damme oefen albei ‘n bepalende invloed uit op die omgewing in die wêreldbekende Nasionale Krugerwildtuin (NKW). Albei is geleë in die opvanggebied van riviere wat deur die wildtuin vloei. Hierdie damme het ‘n belangrike rol om te speel. Benewens die feit dat hulle, in sommige gevalle, in van die land se mees agtergeblewe streke voorkom, het albei grootliks ten doel om ontwikkeling te stimuleer. Die Suid-Afrikaanse regering het tans ‘n beleidsdoelwit om armoede in die land teen 2015 uit te wis. Hierdie beleid word in samewerking met die sakesektor om die doelwitte wat gestel is by wyse van samewerking te verwesentlik. Omgewingsbewustes het egter die ontwikkeling in sommige kontekste veroordeel. In die artikel word aandag gegee aan ‘n manier waarop die burgerlike samelewing, die regering en die sakesektor saamgewerk het om te onderhandel vir die voorsiening van water in streke wat waterarm is. In die besonder word aandag gegee aan die geskiedenis, sedert 1994, van die beplanning, voorbereiding en uitvoer van damkonstruksieprojekte in die Limpopoprovinsie en Mpumalanga.

Keywords

water procurement; environment; Nandoni dam; De Hoop dam

Metrics

Total abstract views: 659
Total article views: 353


Crossref Citations

No related citations found.