Original Research

The neglected purposes of educating art history: isomorphism and facilitation

John R. Botha
New Contree | Vol 51 | a424 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v51i0.424 | © 2024 John R. Botha | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 February 2024 | Published: 31 May 2006

About the author(s)

John R. Botha, Department of Communication Studies, North-West University, South Africa

Full Text:

PDF (529KB)

Abstract

Die basiese vertrekpunt van argumentasie van hierdie artikel is gesetel in die suggestie dat die huidige stand van kunsgeskiedkundige onderwys nie totaal in voeling is nie met die ontsaglike moontlikhede wat binne hierdie vakdissipline verskuild lê. Dit wil dan as rigtingwyser dien om minstens een moontlike aspek van die toekomstige belangrikheid van kunsgeskiedkundige opvoeding te beklemtoon, met spesifieke verwysing na die wyse waarop ’n visuele kultuur van toenemende belang word. Hier word ten doel gestel om te dui op die wyse waarop kunsgeskiedenis beter geposisioneer kan wees om aan die behoeftes van ’n post-moderne gemeenskap (spesifiek leerders en/of studente) te voldoen, en dit impliseer ’n hertaksering van wat ten beste beskryf kan word as die persoonlike funksies met kuns. Die argument ontplooi verder deur die rol van fasilitering wat moontlik gemaak word deur die boodskap wat in die (‘n) kunswerk vervat is, te benut met die oog op homeostase van die persona. Die begrip wat hiervoor gebruik word, is isomorfisme, en die metode of tegniek waardeur dit gebeur, kan beskryf word as isomorfiese fasilitering. Kortliks gestel kom dit neer op die aanwending van feite wat met die omstandigheidsfaktore van kunsgeskiedenis en kunswerke verband hou. Hierdie feite word vervolgens as gereedskap gebruik ten einde dialoog te stimuleer en ‘n atmosfeer te skep waarbinne die leerder of student kunswerke mag gebruik ten einde tot isomorfiese identifikasie te kom ten opsigte van soortgeluyke aspekte binne haar- of homself. Hierdie identifikasie word wederkerend gebruik om die proses van homeostase te bevorder, en dit impliseer dat die onderwyser of dosent kuns(geskiedenis) kan gebruik in die proses van fasilitering ten einde stres te verlig. Hierdeur word uiteraard ’n enorme bydrae gelewer tot die geestesgesondheid van die individu.

Keywords

educating art history; isomorphism and facilitation; neglected purposes; art history

Metrics

Total abstract views: 177
Total article views: 53


Crossref Citations

No related citations found.