Original Research

Fact and fiction: Representations of the South African War in Afrikaans history writing and literature

Kobus du Pisani
New Contree | Vol 45 | a448 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v45i0.448 | © 2024 Kobus Kobus du Pisani | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 29 February 2024 | Published: 25 September 1999

About the author(s)

Kobus du Pisani, Department of History, North-West University, South Africa

Full Text:

PDF (2MB)

Abstract

Beide feit en fiksie was nog altyd komponente van geskiedskrywing. In die onlangse verlede het postmodernistiese idees die vreedsame naasbestaan tussen feit en fiksie in geskiedskrywing versteur deur die onderskeid tussen die twee te probeer ophef, waarheidsaansprake deur historici te bevraagteken en die bestaansreg van geskiedenis as 'n wetenskap in twyfel te trek. Sommige historici het afwysend hierop reageer, maar ander het dit as 'n uitdaging gesien. 'n Groeiende besef het onder historici posgevat dat die soeke na historiese waarheid bevorder kan word deur aan sowel feit as fiksie hul regmatige plek in die geskiedskrywing te verleen. In Afrikaanse intellektuele kringe was daar ook in die afgelope paar jaar indringende besinning oor hoe die veflede hanteer moet word In literêre tekste was daar, onder postmodernistiese invloed, toenemende bemoeienis met die verlede. Die idee dat daar geen essensiële verskil tussen fiksie en geskiedskrywing is nie en dat die romanskrywer 'n geskiedskrywer kan word, het veld gewen. Klein narratiewe het die korrektheid van die historiese metanarratief, dit is die tradisionele historiografiese beskouings, bevraagteken. Daar is sprake van 'n "herverbeelding" en 'n "heronderhandeling" van die verlede. Historici is uiteraard skepties oor die "oortreding" van letterkundiges op hulle terrein. Interaksie tussen Afrikaanse fiksie- en geskiedskrywers open nietemin interessante nuwe moontlikhede vir die interpretasie van die verlede. In hierdie artikel word enkele resente literêre tekste en geskiedeniswerke, wat die Anglo-Boereoorlog as tema het, ontleed om vas te stel hoe sodanige interaksie ontwikkel en wat die implikasies daarvan is. Dit is duidelik dat veranderde omstandighede in Suid-Afrika sienings in Afrikanergeledere oor die Anglo-Boereoorlog sterk beïnvloed het. Trouens, die hervertolking van die Anglo-Boereoodog gaan vir die Afrikaner in die eerste plek oor die herdefiniëring van die self in die huidige. Dit hou in 'n groot mate verband met die hedendaagse Afrikaner, 'n eeu na die oorlog, se soeke na 'n nuwe selfbeeld/kulturele identiteit in 'n meer inklusiewe samelewing.

Keywords

Afrikaans history; South African War; writing and literature

Metrics

Total abstract views: 105
Total article views: 28


Crossref Citations

No related citations found.