Original Research

Riding the Storm of Change: Makhado, Vendaand the South African Republic (1864-1895)

Johann Tempelhoff, Henry Nemudzivadi
New Contree | Vol 45 | a455 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v45i0.455 | © 2024 Johann Tempelhoff, Henry Nemudzivadi | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 29 February 2024 | Published: 25 September 1999

About the author(s)

Johann Tempelhoff, Department of History, North-West University, South Africa
Henry Nemudzivadi, Department of History, North-West University, South Africa

Full Text:

PDF (1MB)

Abstract

Die Venda regeerder Makhado (?-1895) was een van die mees suksesvolle swart leiers in die Zuid-Afrikaansche Republiek gedurende die tweede helfte van die negentiende eeu. Sy regeringstyd is gekenmerk deur 'n fyn interaksie wat gehandhaaf is tussen strategiese politieke onderwerping en verset teen blanke heerskappy. Terwyl die swart samelewing elders op die noordelike grensterrein aan spontane ineenstorting blootgestel was, as gevolg van blanke nedersetting, het die Venda staat onder Makhado gefloreer. Hy het as skerpsinnige en onverslane leier in 'n tydperk van intense verandering bly voortbestaan. In die voordrag word gepoog om tydgenootlike sienings aan beide swart en blanke kant van Makhado weer te gee. Daar word aandag gegee aan sy styl van leierskap. Ook word gepoog om vas te stel watter faktore daartoe aanleiding gegee het dat hy vir meer as dertig jaar (1864-1895) aan die bewind kon bly.

Keywords

South African Republic; 1864-1895; Makhado

Metrics

Total abstract views: 529
Total article views: 217


Crossref Citations

No related citations found.