Original Research
HIV/AIDS in South Africa: A case of failed responses because of stigmatization, discrimination and morality, 1983-1994
Louis Grundlingh
About the author(s)
Louis Grundlingh, Department of Historical Studies, Rand Afrikaans University, South Africa
Abstract
Die artikel ondersoek die aard van stigmatisering, diskriminasie en moraliteit in die SuidAfrikaanse samelewing nadat MIV/VIGS ook hier sy verskyning gemaak het. Aanvanklik het godsdienstige fundamentaliste homoseksueles daarvan beskuldig dat hulle deur die virus besmet is omdat hulle homoseksueel is. Hierdie sienings is aangevul deur die middelklas waardes van die tyd wat epidemies met sedeloosheid vereenselwig het. Die regering sou feitlik niks doen om voorkoming van MIV in die homoseksuele gemeenskap te bekamp nie. Deur die "ander' (in hierdie geval die MIVA/lGS-lyer) te stigmatiseer en ook teen die persoon te diskrimineer, kon heelwat Suid-Afrikaners die lyers en die hele vraagstuk rondom MIVA/IGS ignoreer. 'n Nuwe kategorie van onderskeiding is so geskep: "ons" (die gesonde heteroseksuele gemeenskap) en "hulle" (die besmette homoseksuele gemeenskap). Stigmatisering en diskriminasie teenoor swartmense, wat alreeds lank in die SuidAfrikaanse konteks bestaan het, het teen 1987 'n nuwe dimensie bygekry toe die eerste swart heteroseksuele persoon as MIV+ identifiseer is. Die persepsie het nou toegeneem dat alle swartes vir die epidemie verantwoordelik gehou behoort te word. Hierdie rassistiese siening het baie daartoe bygedra dat enige anti-MIV/VIGS program van die regering, hoe goed bedoel ookal, as gevolg van 'n gebrek aan legitimiteit in die swaH gemeenskappe verwerp is. Gevolglik is niks effektiefin die 1980s gedoen nie. Dit wil voorkom of die hoofargument wel onderskryf kan word: dat stigmatisering van en diskriminasie teenoor gemarginaliseerde groepe, rassisme en homofobie sowel as 'n konserwatiewe moraliteit wat 'n sterk invloed uitgeoefen het, daartoe gelei het dat 'n gulde geleentheid om MIV/VIGS te bekamp, verlore gegaan het.
Keywords
HIV; AIDS; South Africa; 1983-1994
Metrics
Total abstract views: 862
Total article views: 221
Crossref Citations
1. Poverty and HIV/AIDS in Apartheid South Africa
Stephens Ntsoakae Phatlane
Social Identities vol: 9 issue: 1 first page: 73 year: 2003
doi: 10.1080/1350463032000075344
2. Daniel arap Moi and the politics of HIV and AIDS in Kenya, 1983–2002
Samwel Ong'wen Okuro
African Journal of AIDS Research vol: 8 issue: 3 first page: 275 year: 2009
doi: 10.2989/AJAR.2009.8.3.4.925
3. “Deadly”, “fierce”, “shameful”: notions of antiretroviral therapy, stigma and masculinities intersecting men’s life-course in Blantyre, Malawi
Astrid Berner-Rodoreda, Esther Ngwira, Yussif Alhassan, Boniface Chione, Rosalia Dambe, Till Bärnighausen, Sam Phiri, Miriam Taegtmeyer, Florian Neuhann
BMC Public Health vol: 21 issue: 1 year: 2021
doi: 10.1186/s12889-021-12314-2