Original Research

The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939

Gerhard J.J. Oosthuizen
New Contree | Vol 46 | a463 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v46i0.463 | © 2024 Gerhard J.J. Oosthuizen | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 24 April 2024 | Published: 30 November 1999

About the author(s)

Gerhard J.J. Oosthuizen, Department of History, Potchefstroom University for Christian Higher Education, South Africa

Full Text:

PDF (4MB)

Abstract

Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 die Kaapkolonie verlaat en hulle in 1870 in Rehoboth en omgewing in die gebied wat later as Duits-Suidwes-Afrika bekend was, gevestig. SuidAfrika het in 1915 Duits-Suidwes-Afrika binnegeval en verower. Suidwes-Afrika is na afloop van die Eerste Wereldoorlog as 'n C-mandaatgebied aan Suid-Afrika toegeken. Mandaathouers was onder die verpligting om C-mandaatgebiede te bestuur "...as integral portions thereof. .., but in the interest of the indigenous population" en onder jurisdiksie van die Volkebond. Hierdie verpligting is later vervat in Artikel 22 van die handves van die Volkebond en is verwys na as die sogenaamde "sacred trust". Hierdie artikel fokus op die konstitusionele stryd van die Rehoboth-Basters en die reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond in die lig van die sogenaamde "sacred trust". Baster-Suid-Afrikaanse verhoudinge is van meetafaan gf1kenmerk deurdelikate konstitusionele onderhandelinge. Die Basterraad het ondanks hewige teenstand 'n konstitusionele ooreenkoms in Augustus 1923 aanvaar. Die ontevredenes het daarop hulle eie raad verkies, waama verskeie vrugtelose versoeningspogings gevolg het. In Desember 1924 is die Suid-Afrikaanse Regering met 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring gekonfronteer, maar in April 1925 het die Suid-Afrikaanse Regering via magsvertoon die rebelle tot oorgawe gedwing. Die gesloer met die verslag van regter J. De Villiers het groot frustrasie in Bastergeledere veroorsaak. Die rebelle het hulle male sonder tal op die Volkebond en die Goewemeur-generaal beroep, en het die hantering van die Basterkwessie uiteindelik tot konfrontasie tussen die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond gelei. Die Baster Adviserende Raad wat deur die SuidAfrikaanse regering in April 1928 ingestel is, is suksesvol deur die ontevredenes geboikot. In Augustus 1932 hetdie kaptein van die ontevredenes en 'n groot aantal van sy volgelinge, gemotiveer deur die advies van die Volkebond en die ekonomiese probleme van die dertigefjare versoen met die Minderheidsparty. 'n Grotendeels verenigde Bastergemeenskap het daama tevergeefs gepoog om hulle konstitusionele posisie te verbeter. In 1939 het die Suid-Afrikaanse Geard-Allen-kommissie aanbeveel dat die Basterkonstitusie nie in daardie stadium heringestelkon word nie, aangesien die Bastersleiers onbevoeg was om die Bastergemeenskap effektief te bestuur.

Keywords

Rehoboth Basters; South Africa; constitutional struggle; 1919-1939

Metrics

Total abstract views: 118
Total article views: 29


Crossref Citations

No related citations found.