Original Research

The imperial imprint: British colonial towns

Linda Brockett
New Contree | Vol 43 | a476 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v43i0.476 | © 2024 Linda Brockett | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 26 April 2024 | Published: 26 September 1998

About the author(s)

Linda Brockett, Department of Town and Regional Planning, University of the Witwatersrand, South Africa

Full Text:

PDF (2MB)

Abstract

Baie voormalige Britse kolonies soos Australië, Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika, toon merkwaardige ooreenkomste in die uitlê van hul dorpe. Die dorpe word gekenmerk deur 'n rooster -uitleg en soortgelyke uitlegte van eiendomsreg, grondverdeling en eienaarskap. Hierdie referaat se doel is om die basiese elemente en die verskeie aanpassings van die Britse model van dorpsontwikkeling in die kolonies te definieër. Die studie sal fokus op die Britse koloniale vestiging aan die Ooskus van Amerika en Suid-Afrika. Deur die eeue is die rooster-uitleg sinoniem met verhuisende mense as gevolg van die eenvoud van die uitleg, en gemak van uitbreiding om toekomstige groei tegemoet te kom. Terwyl baie voormalige kolonies ook beïnvloed is deur die Britse Tuinstad (Garden City) en Nuwe Stad (New Town) bewegings, sal hierdie referaat slegs fokus op die vroee koloniale tydperk en die aanvanklike vestigingspatrone. Die titel van hierdie referaat verwys nie alleen na die uitleg van die stad nie, maar erken ook dat die uitleg daarvan 'n fisiese uitdrukking is van die politieke, ekonomiese en sosiale instellings. Die imperiale stempel is deurdring met die ideale van privaatbesit, kapitale formasie, investering, rykdom en individualisme, en die stad is derhalwe méér as net 'n patroon van fisiese ontwikkeling.

Keywords

British Colonies of America; South Africa; imperial imprint

Metrics

Total abstract views: 103
Total article views: 44


Crossref Citations

No related citations found.