Original Research

Re-creation, tourism and historical presentation: The cases of Georgetown, Colorado (USA), and Gamkaskloof, Western Province (South Africa) considered

Tim Goetze
New Contree | Vol 42 | a488 | DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v42i0.488 | © 2024 Tim Goetze | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 26 April 2024 | Published: 29 November 1997

About the author(s)

Tim Goetze, Department of History, University of Fort Hare, South Africa

Full Text:

PDF (1MB)

Abstract

Die geskiedenis van twee gemeenskappe, een wat op mynbou gegrond was en die ander op boerdery, word in die artikel vergelyk. Georgetown, Colorado, in die V.S.A. het in 1859 ontstaan, terwyl die koloniale wording van die Gamkaskloof-gemeenskap in Suid-Afrika vanaf 1841 strek. Beide gemeenskappe is deur middel van paaie meer toegangklik gemaak, met uiteenlopende gevolge. Beide verkeer tans in 'n oorgangsproses. Hulle word herskep as weerspieëlings van hulle onderskeie verledes ten einde hulle toekoms te probeer waarborg. Georgetown, 'n eertydse mynboudorp, was in sy gloriedae die 'silwer koningin' van die Rotsgebergtes genoem. Sy status het in die begin van die twintigste eeu tot die van 'n spookdorp gedaal. Vanaf die middel van die 1940s het verskeie mense pogings aangewend om Georgetown te restoureer, ten einde die verlede werklikheid van sy kulturele en historiese landskap te probeer herstel. Gamkaskloof, 'n eertydse oorwegend Afrikaner boerderygemeenskap in die Swartberge van die Suid-Kaap in Suid-Afrika het 'n vergelykbare ontwikkeling deurgeloop. Gevolglik is Georgetown en Gamkaskloof vergelykbare voorbeelde van mense se futiele ywer om die skyn van verlore kulture as werklikhede aan te bied.

Keywords

Georgetown; Colorado; Gamkaskloof; tourism

Metrics

Total abstract views: 194
Total article views: 66


Crossref Citations

No related citations found.