Original Research
Relaxing the reflexes: Reflections on Herodotus' "historical truth"
New Contree | Vol 42 | a485 |
DOI: https://doi.org/10.4102/nc.v42i0.485
| © 2024 Geoff R. Allen
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 26 April 2024 | Published: 29 November 1997
Submitted: 26 April 2024 | Published: 29 November 1997
About the author(s)
Geoff R. Allen, Department of History, Rand Afrikaans University, South AfricaFull Text:
PDF (1MB)Abstract
Een van die mees kontensieuse vraagstukke onder historici wentel tans om die geldigheid van "postmoderne" historiese teorie en praktyk (en by uitstek, antifondasionalisme en die daaruit vloeiende ontkenning van die in-beginsel moontlikheid van waarheid in Geskiedenis). Hierdie artikel beoog 'n eerste stap in 'n ondersoek of hierdie waarheidsbeskouing, binne die konteks van Geskiedenis, werklik radikaal is, of bloot die rhetoriek van 'n "nuwe konserwatisme". Die benadering wat gevolg is, behels 'n analise van die praktiese waarheidsbeskouing en die rol van "navorsing" in die werk van die vroegste Westerse historikus: Herodotus van Halikarnassus, binne die toepaslike intellektuele konteks. Hieruit blyk dit dat Herodotus se waarheidsaansprake nog absoluut nog fundamentalisties was nie, maar eerder op metodologiese gronde berus het, wat die sentrale rol van navorsing in Geskiedenis beklemtoon. Ter afsluiting word voorgestel dat, binne die konteks van Geskiedenis, "postmoderne" en klassieke waarheidsbeskouings eerder retories as konseptueel verskil. Die kwessie van die rol en plek van navorsing en metodologie in Geskiedenis is egter veel belangriker. 'Postmoderniste" wat deur die gevestigde historiese gemeenskap ernstig opgeneem wil word, sal Ban hierdie dimensie van hulle werk besondere aandag moet skenk.
Keywords
Herodotus; historical truth; Postmodernism
Metrics
Total abstract views: 198Total article views: 73